search

Find Professionals

Select one or more of the following
Search for:

Specific focus
Region
Type of organisation

Toe ek Robbie ontmoet het, het ek geweet dit is my droom man. Die man vir wie ek die Ja-woord gaan gee, ’n man wat so lief is vir kinders soos ek is. Ons het vir so bietjie meer as 2 jaar uit gegaan, in die tyd dat ons uitgegaan het ons altyd van kinders gepraat. Ons albei is so lief vir kinders. En ons het geweet dat die dag wat ons trou wil ons dadelik begin met ’n familie. Ons was en is nog altyd reg daarvoor. Na ons troue het soveel mense vir my heeltyd gesê. Oh jy straal so, is jy seker jy is nie swanger nie. Dis waar al die swangerskap toetse begin het. Elke maand wag ons vir daai positiewe toets maar niks. Ag okay dit was maar toe net 6 maande, hoekom vat dit dan so lank wonder ons.

Ek het toe vir so maand met erge pyn in my sy geloop en toe dit te erg raak ginekaloog toe gegaan en uitgevind dat daar ’n syst is wat dadelik moes verwyder word. Nog voor die operasasie het ons eerste vir die dokter gevra sal daar in die toekoms komplikasies wees, die dokter sê toe nee hy glo nie, maar dat hy net eers die operasie wil doen dan gesels ons verder. Na die operasie was ek skaars wakker en ek huil toe en vra vir Robbie waar die dokter is. Die meisie wat langs my lê het dieselfde probleme en sukkel al 3 jaar lank om swanger te word en die probleme word net erger by haar vertel sy my. Toe dokter in kom vra ek toe dadelik: sal ons swanger kan word en sy woorde aan ons was hy glo nie daar is so erg probleme nie, maar ons moet nou vir 6 maande probeer en as ons nie swanger is nie moet ons hom weer kom sien vir verdere toetse. 6 maande loop verby, kyk hier ek kan nie eers by hou met die aankope van swangerskap toetse nie. Ek het toe verlof gevat in Desember 2006 en besluit om maar ’n afspraak by ginekaloog te maak om verdere toetse op my te doen. Ek onthou nog eendag ry ek en Robbie nog so om by die familie te kuier en sy woorde aan my was wat as ons probleme gaan hê om eendag kinders te kan hê, my woorde aan hom was gewees sien jy hierdie kar waarin ons ry, ek verkoop hom al kos dit ons wat maar kinders gaan ons hê.

My afspraak by dokter het goed verloop, behalwe dat die dokter gesê het ek kan dalk geneig wees vir systs en endiomitriose ens.Hy sê toe die volgende stap is om met Robbie te praat dat hy getoets kan word. Oh om dit nou vir my man te vra was nogal vir my scary. Ek het toe vir hom gesê wat die dokter sê en hy het net gesê wanneer hy tyd sal hê sal hy dit doen. Ek wou hom nie druk nie. Die dag vd 3de Jan’07 sê Robbie toe vir my kom ons gaan more in en gaan doen die toetse sodat dit ook verby kan kom. Ons het toe die toetse by die hospitaal laat doen. Dit was die Maandag. Die Vrydag hoor ek toe nog niks en dog toe dat ek sommer die dokter bel. Daar vra ek die dame of sy net vir my kan sê wat die uitslae is, ek kon hoor aan haar stem hoe hakkel sy. Sy sit my toe deur na die dokter. Dokter vat die foon en sê Mev, Hmm dat ek net jou file kry, maar soos ek kan onthou was dit slegte nuus, eers dog ek hy maak ’n grap – dis toe dat hy sê “okay hier is jou file – Ja, jong jammer maar jy sal nooit jou man se kinders kan hê nie. Ekskuus dokter wat bedoel jy, dis wat ek sê mev. Jammer. Hy verduidelik toe dat Robbie niks produseer nie, en dat dit ontmoontlik is om eendag ons eie kinders te kan hê.

Net daar sit ek foon neer en begin huil. Ek huil so erg dat my baas my huistoe moet stuur. Sms vir Robbie en laat weet hom ek is al by die huis en dis al 2uur die middag. Dadelik wonder hy hoekom so vroeg af gekom. Nou sit ek daar op die bed, hoe vertel jy dit vir jou man? Ek moet sterk wees vir hom. Hy kom toe in en ek sit op die bed, hy vra toe wat gaan aan. En ek sê toe vir hom die dokter het gebel en vertel hom die hele storie. Net daar hardloop hy uit en huil en gaan dadelik na ons bure (hulle is baie na aan ons, soos ouers vir ons). Die tannie leer vir ’n pastoor en sy het dadelik vir ons gebid. Ons was kwaad vir die wêreld. Ek het vir God gevra hoe kan jy dit aan ons doen. En het toe begin vir myself sê daar is geen God nie want God sal dit nie aan ons doen nie.

Ons begin toe so vir die familie te vertel oor die naweek. En Saterdag vertel Robbie vir my sy pa het gebel en gevra ons moet asb. saam hulle kerk toe gaan die Sondag. My woorde aan Robbie was “kerk toe, hoekom moet ek nou kerk toe gaan dit gaan nie dinge reg maak nie”. Die Sondag oggend vra Robbie weer vir my, kom ons gaan net kerk toe, hy voel ons moet gaan. Ek gee toe in en sê laat ons maar gaan. Min wetend daai dag sou my hele lewe verander.

Ons gaan toe kerk toe en ek huil verskriklik baie. Net daar kom haal ’n tannie my daar uit en vat my buite toe, ek ken haar van geen kant af nie (dis my eerste keer in sy ouers se kerk). Sy sê toe vir my, “sy weet nie wat my omstandighede is nie, maar ek kan nie twyfel in God hê nie, Hy gaan ons nog sterker maak, maar ek moet vir Hom vra en Hy sal gee. Net daar gaan sit ek in die banke en vra God om my ruste te gee, en dat ek jammer is dat Hy my moet vergewe.

Na kerk kom kuier ’n tannie vir my skoonouers en sy vertel vir ons dat sy oorkant ’n kliniek werk wat help dat paartjies kan swanger raak. Ons besluit toe dat ons dit ’n kans gaan gee. Om die storie kortliks te vertel: Robbie moes weer so 2 keer gaan vir toetse (bly negatief), en ons besluit toe op donar. Ek het toe vir 8 kunsmatige inseminasies gegaan en 2 operasies (weer syst en endo probleme), waarvan ons medies absoluut niks gedek het nie. Ons het gebid en vir God gevra Hy moet ons help want ons wou nie moed opgee nie, ons is dan so lief vir kinders en kan nie die lewe sonder kinders in dink nie. Ek moet sê dat ons deur alles saam gestaan het, maar vir my het dit gevoel dat ek die ou Wendy mis. Ek was nie meer my gelukkige self nie. Praat permanent oor ’n babatjie. Mense het nie geweet hoe om ons situasie te hanteer nie. Want maak nie saak wat mense vir ons gesê het nie, dit was net nooit die regte woorde nie.

Desember 2007 gaan ek toe vir my laaste inseminasie (nr 8). In tussen het ek navorsing gaan doen oor aanneming en by die wonderlikste paartjie uitgekom wat ’n seuntjie aangeneem het. En die beste van als was hulle bly maar 30km van ons af. Hulle het ons genooi vir koffie. Toe ons daarin stap by hulle en die seuntjie speel daar rond het ons begin uit vra hoe dit werk. Ek sal nie die kyk vergeet wat ek en Robbie mekaar gegee het terwyl ons daar sit nie, so verligte kyk van dis die PAD waarna ons so lank soek.

Toe ons daar weg ry, kon ons nie ophou praat oor die situasie nie en dat ons soveel ruste oor ons gekry het. Vir eens in ons lewe het ons gevoel dis die pad wat God vir ons het.

Ons het toe ’n afspraak by ’n Maatskaplike werker gemaak, die wonderlikste vrou. Ons het deur als gewerk. Dis die wonderlikste ervaring waardeer ons al ooit was. Ek en Robbie was so gelukkig. Na ons sessies met maatskaplike werker het ons haar so gemis.

Ons het gebid dat God ons rustigheid moet gee en weet God se tyd is die regte tyd, maak nie saak hoe lank ons gaan wag nie. Ek het weer myself begin voel. Geweet daar is ’n mamma daar buite wat ’n engeltjie vir ons gaan dra. ’n Mamma wat God vir ons gekies het.

24 Maart, lê ek nog lekker in die bed met ’n verkoue. Ek sal hierdie dag nooit vergeet nie. 19:45 bel my maatskaplike werker, sy begin die gesprek met “hoe gaan dit met julle” ek sê toe goed is bietjie af siek. Sy sê toe “hoe vinnig kan jy kraam verlof kry” Wat is jy ernstig? Robbie het toe net in die huis in gekom na ’n lang dag se werk. M/werker vertel toe dat babatjie die 11de Junie gebore gaan word ens. Ek was so geskok. Hardloop na Robbie en begin dadelik huil, hy moes my dadelik bedaar. Ek glo nie dit het dadelik in Robbie in gesak nie. Die aand gaan slaap ons, wel ek kon nie eintlik slaap nie. Die oggend vra ek vir Robbie het ek gedroom en hy haak toe af en sê dit skop nou eers in by hom. Kyk hier ek was nog af siek geboek maar was so gou gesond ek kon myself nie help nie, kon nie wag om by die werk te kom om uit te vind oor kraam verlof.

My grootste wens was nog altyd dat ek die biologiese mamma kan ontmoet. So bang as wat ons was om haar te ontmoet is dit iets wat ons wil doen. Toe ek haar sien, ek was speechless, so mooi meisie. Ek het soveel om eendag vir ons babatjie te vertel van haar biologiese ma. Wat se wonderlike mens is sy nie. God ken die regte tyd en ken ons harte.

Ons het saam haar ’n sonar gaan doen. Ek kan nie my emosies beskryf nie, dis “skok” ek bly die heeltyd vir myself sê skrik wakker Wendy dis werklikheid hierdie. Gedink ek gaan huil, maar ek kon niks uit kry nie, dis die gevoel van bang en bly terselfde tyd.

Ek sou niks in hierdie paar jaar verander nie, God was net goed vir ons en het ons baie sterk gemaak. Hy is ’n wonderlike God wat na sy kinders omsien. Dis ’n gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie.

Ek droom al van die dag dat ek babatjie vir die eerste keer gaan sien en vas hou. Maar ek voel ook die pyn aan wat biologiese ma gaan hê. Ons bid so vir haar, God wees asb. met haar, verseker haar elke dag dat haar babatjie in goeie hande is en dat sy al die Liefde by ons gaan kry. Sal almal asb. ’n gebed vir haar doen aan hierdie wonderlike mamma wat die beste vir haar babatjie wil gee.

Daar is nie die regte woorde om te beskryf hoe dankbaar ons is vir biologiese moeder nie. Jy is alreeds deel van ons lewe en sal altyd wees en ons sal altyd vir jou bid, jy is ’n engel wat vir ons gestuur is.

Baie dankie biologiese mamma.

Al ons liefde

Robert & Wendy