search

Find Professionals

Select one or more of the following
Search for:

Specific focus
Region
Type of organisation

Dit was nie vir ons ‘n moeilike besluit om na infertiliteitsbehandeling, aanneming as ‘n opsie te oorweeg nie. Ons het nie verder kans gesien vir die emosionele “roller coaster” ritte van die behandeling nie en wou graag terwyl ons relatief jonk was darem pa en ma word.  Groot was die opgewondenheid toe ons genooi was vir die keuringsonderhoude, maar die selfbeskerming bly deel van jou sodat jy nie te opgewonde of optimisties wil wees nie. 

Nooit sal ek die aand in Junie 1999 vergeet toe Marietjie bel en sê ons moet die volgende dag die biologiese mamma van ons baba ontmoet nie.  Dit waaroor so baie drome gedroom, trane gestort en gebede gebid was het skielik ‘n waarheid geword. 


Dit is nou amper 12 jaar later.  Ons het twee kinders aangeneem, ons jongste ‘n kruis kulturele aanneming. Ons moes ‘n baba na ses weke laat terug gaan nadat die biologiese mamma die aanneming terug getrek het. Hoe voel ons nou oor aanneming?  Ek kan nie dink dat dit enigsins anders moes wees nie.  Ons het baie geleer.  Dat die passing van kinders by aanneemouers , in die hemel gedoen word.  Dat hierdie twee kinders wat vir ons gegee is, by ons moes wees; en dat hulle spesiaal geskep is om deel van ons gesin en familie te kan wees.  Dat liefde baie wyer strek as wat baie keer gedink word; verby gene, ras, velkleur en agtergrond.  Ons het deur aanneming baie meer oor God se onvoorwaardelike liefde vir die wêreld geleer as deur baie preke.